Agricol is trots om te kan aankondig dat ons die kontrak toegeken is vir die voorsiening van grassaad vir die 2010 Sokkerwêreldbeker stadions.  Na twee jaar se korrespondensie met SAFA en FIFA het die aangewese konsultant, Dr At Schoeman, besluit dat Agricol ongeveer 75% van die saad vir die meer as 70 stadions en oefenvelde sal voorsien.

`n Kombinasie van 90% Raaigras en 10% Kentucky Blou word gebruik.  In sommige stadions, soos Groenpunt, word van voor af gesaai en in ander gevalle word op kikoejoe en Cynodon dactylon ingesaai.  Dit sal `n eenvormige voorkoms en speeloppervlak voorsien, soos deur FIFA voorgeskryf.

Agricol voorsien reeds meeste van die rugbystadions in SA, insluitend Nuweland, Ellis Park, Loftus en die Haaitenk.

Meeste van die saaiwerk/insaai sal plaasvind teen einde Februarie/begin Maart 2010.  Sommige stadions, soos byvoorbeeld Groenpunt, is egter alreeds gesaai.  Die saaidatum was op die 23ste Oktober en die eerste ontkieming het alreeds 3 dae daarna plaasgevind.

Buiten die rugby- en sokkervelde voorsien Agricol ook 60% van die top 100 gholfbane in Suid Afrika.

Loubser Wille
Bestuurder: Kusstreek
ONS SIT DIE WêRELD AAN DIE GROEI / WE GET THE WORLD GROWING