ONS SIT DIE WêRELD AAN DIE GROEI / WE GET THE WORLD GROWING
Agricol is `n saadmaatskappy wat reeds diep spore getrap het in Suid Afrika asook in ander wêrelddele oor die afgelope meer as 50 jaar. Ons aktiwiteite sluit in plantteling, produksies, internationale handel, prossesering en verspreiding van saad.
Die Agricol produkreeks bestaan uit :
Navorsing en Ontwikkeling
Plaaslike en Internasionale netwerk
Banketsaad -
menslike gebruik
Meer as 50 jaar in die bedryf
Agricol se produksie-afdeling beskik oor die nodige kennis en ondervinding om saad van hoogstaande gehalte te produseer. Sodanige produkte voldoen aan die streng SANSOR sertifiseringsvereistes, fitosanitêre spesifikasies, ens. Saadvermeerderings word gedoen onder toesig van opgeleide en gekwalifiseerde inspekteurs, en monitering geskied deurlopend deur die groeiseisoen.
Agricol se eie staatsgoedgekeurde laboratorium word hoog aangeslaan in die bedryf. Ontkieming-en suiwerheidstoetse gee nie net ons kliënte die gemoedsrus dat produkte aan minimum spesifikasies en standaarde voldoen nie, maar verseker ook dat Agricol se hoë standaarde gehandhaaf word.
"New to the market products are the fuel to corporate longevity". Navorsing en Ontwikkeling bly hoogste prioriteit by Agricol sodat nie net saad nie, maar ook kennis en inligting bemark kan word. Verskeie Navorsing en Ontwikkeling kontrakte tussen Agricol en navorsingsinstansies soos universiteite is in plek. Dit, sowel as lisensiëringsooreenkomste met oorsese medewerkers, verseker dat ons op die voorpunt van tegnologie in die saadbedryf bly. Nuwe variëteite uit ons eie teelprogramme word wetenskaplik getoets, eers onder beheerde toestande en word dan onderwerp aan uiterste veldtoestande. Eers daarna word sodanige variëteite in die mark vrygestel.
Om 'n verkoop- en bemarkingsoriëntasie, strategiese plaaslike- en internasionale samewerking en bondgenootskappe en voortgaande werwing van nuwe tegnologie binne die saadbedryf te hê.
Om 'n betroubare verskaffer van beproefde produkte te wees deur ons verbintenis tot voortdurende produkinnovasie.
Om die leier in die Suid Afrikaanse saadbedryf te wees en internasionale erkenning te geniet deur die uitbou van die Agricol handelsnaam.
Van wat aanvanklik ʼn gebiedsgebonde saadhandelaar in die Wes-Kaap was, het Agricol gegroei tot een van die leiers in die bedryf. Met takke landwyd in al die vernaamste sentra en met ʼn uitgebreide netwerk van medewerkers wêreldwyd, streef Agricol daarna om die leier te wees in die soeke na alternatiewe gewasse en spesies in ʼn gediversifiseerde veld.