Op 1 Maart 2017 het die Sojaboon-span hul Jaarlikse Standerton Sojaboon Boeredag gehou, en dit was hierdie jaar nog groter en beter as vorige jare.

Bethal Vuurwapens, Standerton Toyota en Agchem het almal deel gehad deur vir ons ‘n tafel te kom uitstal en hul produkte te wys. Die dag het begin met opening en gebed deur Roelf Van Niekerk, waarna hy en Francois Hamman ’n kort verduideliking gegee het oor die proef.

Boere het daarna deur die proef geloop en kon hul vrae direk vra aan Mnr. Tomas Liceda, Bestuurder van Don Mario Argentina.

Meer oor die proef:

Die hoofrede van die rywydte proef wat geplant is in Standerton, is om ‘n groot verskil  te sien in verskeie kultivars ten opsigte van opbrengs, kultivar staan vermoë, planthoogte, vertakking asook plantgesondheid.

Die volgende is ook vir ons belangrik met die sojaboon-navorsingsproewe:

  • Om vas te stel wat die effek is van ‘n 45cm rywydte asook 90cm rywydte op die bestaande Donmario kultivars asook die potensiële toekomstige kultivars.
  • Om die huidige Donmario-kultivars te vergelyk met die gewildste opposisie kultivars op die mark.
  • Om potensiële nuwe kultivars te evalueer en te vergelyk met die huidige Donmario reeks kultivars en te selekteer vir beter kultivars vir Suid-Afrikaanse toestande.
  • Om die opbrengs verskil raak te sien in verskillende rywydtes wat gepaard gaan met verskillende kultivars.

Natuurlik is dit ook ‘n unieke proef, omdat soveel  soos 13 verskillende kultivars getoets word in meer as een rywydte.

Navorsing ten opsigte van rywydtes gaan ‘n groot rol speel omrede daar vandag verskeie rywydtes gebruik word  in die praktyk met sojabone.

Ons  sien baie uit na die stroopresultate van die rywydte proewe, buiten die stand proewe asook plantdatum proewe is hierdie die eerste rywydte proef wat geplant is en lyk besonders goed.

Meer inligting oor die proewe soos volg:

Bemesting toegedien met plant:

Korrel Kunsmis 1:2:4 (40) x 85kg.ha-1 is toegedien met plant.

(N) 1/7 x 40% x 85kg = 4.85kg.ha-1
(P) 2/7 x 40% x 85kg = 9.71 kg.ha-1
(K) 4/7 x 40% x 85kg = 19.43 kg.ha-1

Groote van die perseel:

8 rye x 0.45m rywydte x 30m x 13kultivars x 3 herhalings = 4 212m2 = 0.42ha
4 rye x 0.90m rywydte x 30m x 13kultivars x 3 herhalings = 4 212m2 = 0.42 ha

Elke proef word 3 keer herhaal, asook in al die  rywydtes word die proef met die selfde hoeveelheid plantpopulasie asook bemesting geplant.

Na die verigtinge het almal verversings geniet en kon die Boere hul staal wys in ‘n kleiduif-skietkompetiesie.

Agricol wil almal bedank wat die dag kom bywoon het.

Agricol-Span Standerton