n Voersorghum vir elke doel Wèan Benadie. Landboukundige, Agricol (Pty.) Ltd.

 

  • Kliek hier om meer uit te vind oor die Top Voersorghum-pakette.
  • Kliek hier om die Megaweek artikel te lees oor Voersorghum.

 

Voersorghum is een van die gewildste eenjarige somervoergewasse, en die redes daarvoor is as volg:

  • Baie hoë volumes ruvoer word geproduseer.
  • Dit kan op verskeie maniere benut word, naamlik : kuilvoer, staande hooi, beweiding, “green- chop”.
  • Dit is goed aangepas op verskeie grondtipes.

 

Sorghumspesies is ook toegerus met ‘n reeks eienskape om droogte toestande beter te kan hanteer as ander gewasse naamlik:

  • Sorghum beskik oor ‘n baie fyn en vertakte bywortelstelsel en kan grondvog meer effektief benut op veral marginale gronde.
  • Wanneer omgewingstoestande ongunstig raak, besit sorghums die vermoë om groei te staak en dan weer te hervat wanneer toestande gunstig is.
  • Sorghum spesies besit ‘n wasagtige laag op die blare om teen uitdroging te keer.
  • Wanneer toestande ongunstig raak, besit die sorghumplant die vermoë om sy blare toe te rol. Laasgenoemde verklein die transpirasie-oppervlak van die plant.

 

Produsente moet poog om hul voervloei so effektief moontlik te bestuur om deurlopend genoeg hoë kwaliteit voer vir vee beskikbaar te hê. Ten einde laasgenoemde te realiseer,  word daar aanbeveel om ‘n voersorghumpakket aan te plant. Voersorghums met verskillende groeiklasse kan gebruik word om vee se benuttingsperiode te verleng. Daar moet ook in gedagte gehou word dat verskillende voersorghum variëteite doelspesifiek aangeplant kan word.

 

AGRICOL, wat die leier is in smaaklike, hoë opbrengs voersorghum-variëteite, bied aan produsente ‘n voersorghum vir elke doel om sodoende laasgenoemde te realiseer. Vir beweiding is daar geen gelyke aan die immergewilde SupaSweet nie. Hierdie kultivar wat ‘n aggresiewe aanvanklike groei asook hergroei besit, lewer topopbrengste in enige produksie stelsel. SupaSweet se hoë suikerinhoud maak dit ook ideaal vir vroeë seisoen kuilvoer en kan ook as staande hooi gebruik word.

 

Vir ongeëwenaarde  kuilvoeropbrengste bied Agricol Hunnigreen en HoneyMax aan. Beide hierdie soetsorghum kuilvoerbasters is in ‘n klas van hul eie wanneer dit kom by biomassa vir kuilvoer. Hunnigreen en HoneyMax is ultra laat blomtipes voersorghum wat beteken dat hierdie basters fotoperiode sensitief is. Laasgenoemde is ook die rede vir die kultivars se hoë opbrengste en beteken dat Hunnigreen en HoneyMax gewoonlik eers reproduktief raak wanneer die dagligure onder 12 ure en 20 minute daal. Hunnigreen en HoneyMax se waarde lê in hul meerdoeligheid en het geen gelyke ten opsigte van volume wanneer dit vir kuilvoer gesny word nie. Dit kan ook dien as ‘n uitstekende bron van staande hooi vir die winter.

 

AGRICOL bied ook ‘n uitstekende pakket Sorghum-Soedankruis voersorghums in die vorm Superdan en Niagara II. Beide hierdie kultivars spog met ‘n goeie hergroei vermoë en is ‘n uitstekende bron hoë kwaliteit groenweiding vir beeste en skape.

 

Vir blousuurvrye benutting kan die baster babala variëteit (Pennisetum glaucum) Agrigreen aangeplant word. Geskik as groenweiding vir perde en skape kan hierdie produk vanaf 4-6 weke na plant benut word en beskik ook oor goeie hergroei eienskappe.

 

Voersorghum, die regte tipe vir die regte doel, kan met groot sukses onder wyd uiteenlopende omstandighede verbou word. Vir enige navrae oor ‘n wêreldklas voersorghumpakket, skakel gerus u naaste AGRICOL-agent of een van ons takke vir verdere inligting:

Voersorghumpakket_170x245mm-page-001

Brackenfell: (021) 981 1126

George: (044) 878 2408

Howick: (033) 330 2765

Kimberley: (053) 841 0675

Port Elizabeth: (041) 373 9894

Potchefstroom: (018) 294 7470

Pretoria: (012) 803 6033