Nampo 2016 het vanjaar plaas gevind vanaf 17 Mei tot en met 20 Mei!
Agricol was soos gewoonlik weer “Aan die Groei” en was goed verteenwoordig op Nampo deur ‘n werksmag van 8 lede per dag.
Ons het lekker as ‘n span saamgewerk en het op die 17de Desember begin om die gewasse op die saadplot aan te plant.
Die laaste gewasse is op 20 Februarie aangeplant en op die ou end was daar 52 verskillende kultivars en spesies op die perseel.
Met die verskriklike hitte en langdurige droogte was dit egter ‘n groot taak om die gewasse aan die lewe te gehou het, maar met die Genade van Bo het dit darem heel goed geёindig.
A.g.v. die droogte en gevolglike voertekorte, was die Agricol stalle meestal oorval met weidingsnavrae die jaar.
Ons was egter baie tevrede met die getal besoekers wat beide ons stalletjie sowel as die saadplot besoek het.
Met dit wat ons beleef het, hoop ons dus op ‘n blink jaar wat voorlê en sien ons met entoesiasme uit na die 2016/17 bemarkingsjaar.
Groete uit Potchefstroom.
Henk