Die “Agricol standplaas 269” het hierdie jaar vele besoekers gelok en baie belangstelling geprikkel onder die boere.
Van die gewasse is al so vroeg as middel Desember aangeplant en dit is maar ‘n redelike taak om die aanplantings te beskerm teen die aanslae van die natuur asook die peste en plae vir die verloop van byna 5 maande, sodat dit nog netjies lyk op die oesdag.

Daar was besoekers van die Kaap tot Musina asook ons buurlande.
Selfs besoekers van internasionale maatskappye het die Agricol uitstalling besoek en met ons kom gesels.
Die personeel moes met tye behoorlik bontstaan om al die nuuskieriges se vrae te beantwoord.

Die aanplantingperseel het baie gehelp met die visuele tentoonstelling van die wye verskeidenheid produkte waaroor Agricol beskik.

Daar was akkerbou gewasse, kleingrane, somer- en winter dekgewasse, gematigde grassoorte, subtropiese somersgrasse, somer- en winter peulgewasse, luserns, kruie en knolgewasse om maar ‘n paar te noem.

As die boere ons so gaan ondersteun in die komende seisoen,  soos wat hulle ons op die Nampo oesdag ondersteun het,  glo ek dat daar vir ons ‘n blink jaar voorlê.

Agricol wil graag hulle dank uitspreek teenoor die Nampo bestuur vir die poging wat aangewend is om kliënte na die saadplotte te lok deur nuwe standplase te open in daardie gebied.

Dit het voorwaar ‘n positiewe uitwerking gehad.

Groetnis tot volgende jaar!

Henk Crafford