Die Wintergraan Bedryfskomitee het weereens vanjaar ‘n baie suksesvolle inligtingsdag te Riversdal aangebied. Die dag het plaasgevind op 26 Augustus 2015 en is bygewoon deur sowat 320 boere en verskaffers. Agricol het weereens soos die spreukwoord lui…die stad rooi geverf. Agricol is verteenwoordig deur Farida Martin, Jan Botes, Dirk Hanekom, Herman Walters, Konrad Gertse, Christof Muller en Marcell vd Westhuizen. Die dag het afgeskop met ‘n byeenkoms in die saal waar verskeie gassprekers die boere toegespreek het. Die boere is in 7 groepe verdeel sodat die besigtigingspunte/proewe optimaal beskou kon word.

boeredag4

Agricol het spreekbeurte gehad by die volgende besoekpunte:

Dekgewasse: Herman Walters het die verskillende opsies bespreek. Agricol kan ʼn volledige pakket bied wat die spesifieke behoefte sal aanspreek, asook sal aard in die spesifieke area. Daar is ook tans, in samewerking met die Universiteit, navorsing oor watter dekgewas produkte die beste aard in die verskillende areas. Na afloop van die proewe sal ons in staat wees om aangepaste mengsels te bied. Jan Botes het ook die voordele van die peulgewas Sulla verduidelik.

Kanola: Dirk Hanekom het hierdie gewas hanteer en weereens die Agricol pakket uitgelig en die individuele kultivars se voordele uitgelig. Hy het ook beklemtoon dat daar gekyk moet word om die risiko te versprei en nie net een kultivar te vestig nie, asook die belangrikheid en rol wat Kanola speel in die landbou. Hy het ook die nuwe kultivars in die Agricol stal se eienskappe uitgelig.

Kleingrane: Konrad Gertse het hier ons huidige pakket bespreek aan die hand van die proewe, baie belangstelling is getoon veral in die Hawer kultivars. Daar was goeie interaksie tydens die bespreking.

Alternatiewe gewasse: Farida Martin het hierdie punt beman en daar was baie belangstelling wat die Faba Bone en Velderte betref, sy het die voordele en verskille tussen die kultivars voorgehou. Agricol beplan om van hierdie kultivars beskikbaar te stel vir die komende seisoen.

Die dag was ‘n groot sukses met goeie interaksie tussen die verskillende groepe en sprekers. Wat die proefpersele betref, was dit baie netjies en het die proewe oor die algemeen baie goed vertoon.

Baie dankie aan die Agricol span vir ʼn suksesvolle dag!

Marcell

boeredag3

boeredag2

boeredag1