Agente: Geen (default) AMRON CHEMIES CC - Brits BIGEYE INVESTMENTS 386 CC - Losberg Gauteng JI BONTHUYS - Wolmaransstad, Migdol, Bloemhof, Leeudoringstad, Makwassie BOSMAN LANDBOUDIENSTE (PTY) LTD - Senekal ,Steynsrus ,Arlington ,Lindley ,Ventersburg ,Rosendal CHIPS BOTHA - Wesselsbron WENCO - Bultfontein KAREL BURGER - Botswana C F LANDBOU DIENSTE - Beth, Harrismith, Petrus Steyn, Danielsrus, Paul Roux CLASSIC CROWN PROPERTIES - Clocolan HANNES DE BRUIN - Vryburg Stella DE LA REYVILLE SAAD DEPOT - Delareyville PIETER DE WINNAAR - Reitz ELVICO BOEREDIENSTE CC - Edenville FARMVISION - Lichtenburg ADAM J FICK - Vrede NOORD WES GROW BK - Bothaville GOUWS MARLENE - Clocolan, Ladybrand, Ficksburg, Brandfort, Tweespruit, Excelsior ANDREAS TOBIAS GREEFF - Ventersdorp B HATTINGH - Mooiveld HN SAADVERSPREIDERS - Hoopstad ANDRE HEFER - Parys HI PERFORMANCE FEEDS CC - Meyerton JAN HUYSER - Koster JORRIE JORDAAN - JOHAN JORDAAN BOERDERY BK - Viljoenskroon LOZARO VERSPREIDERS PTY LTD - Koster Boons KUKULI AGENTSKAPPE SAAD - Reitz KOBUS LE ROUX - Potchefstroom, Rysmierbult LEZMIN 3047 BK (J L DU TOIT) - Marquard, Winburg, Excelsior MARYKA JANSEN VAN VUUREN - Schweizer Reneke JOHANNES JACOBUS MARITZ - Welkom J MENTZ - Frankford MEYERS RANCH (PTY) LTD - AJ (RIHNES) MEYER - Viljoenskroon BRANDEN NAUDE - Heilbron, Villiers JABULANI BRANDON NZIMANDE - Reitz A G ODENDAAL - Villiers CORNELIS WILHELMUS OLIVIER (WIMPIE) - Skuinsdrift CECIL ALBERTUS PARSONS - Kroonstad GERHARD PIETERSE - Bultfontein HELETTE PIETERSE - Hertzogville, Christiana PLAAGTEM CC - Marquard REBEL CHEMICALS (PTY) LTD t/a WITS DISTRIBUTORS - Tarlton I F RECKLING - Potch, Viljoenskroon, Bothaville SCHWEIZER SAAD EN KUNSMIS - Schweizer Reneke FRED WENTZEL SCHABORT - Parys, Vredefort, Kopies SENTRAAL AGENTE DEPOT - Kroonstad R STRYDOM - Oranjeville, Potch, Deneysville BAREND STRYDOM - Koppies DIPKA TRUST - Beth P VAN DEN BERG - Rustenburg KOBUS VAN DEN BERG - Klerksdorp, Ventersdorp CALLA VILJOEN - Koppies, Parys I W VISSER (PTY) LTD - Sannieshof LAWRENCE SIPHO WATCH - Lichtenburg WELMAY SENEKAL TRUST - Heidelberg WIERSMA AGROCHEM - Ottosdal ZANDVLIET AGRI (PTY) LTD - Hertzogville MCC BOTHA - Hendrina JAN GOUWS - Bronkhorstspruit/Delmas GP AGRIDIENSTE (PTY) LTD - Standerton IMVULA KUNSMIS - Middelburg-Suid JOHAN BEESLAAR AGENTSKAPPE - Bethal LANGFONTEIN SEEDS PTY LTD - Wakkerstroom BERTUS MAARTENS - Greylingstad MARCHEM - Thabazimbi, Dwaalboom MISBELT LANDBOU VERSPREIDERS (PTY) LTD - Ermelo/Chrissiesmeer/Lothair/Carolina ARIANO 157 BK H/A NYLVERSPREIDERS - Bela-Bela, Modimole DEON SCHEEPERS - Middelburg-Noord/Stoffberg JANNIE VAN ASWEGEN - Morgenzon JGF VAN NIEKERK - Secunda RUDI VILJOEN - Standerton, Davel WILLIE SAAIMAN - Delmas MKONTO FERT - Ermelo DEVOTE TRADING CC - Winterton, Bergville GREGG HESOM - Dundee, Ladysmith RL MANN - Ixopo, Creighton, Richmond, Highflats MORTLOCK FARMING PTY LTD - Underberg, Franklin, Kokstad, Cederville, Swartberg SELWYN MULLER - Vryheid LEANI NEL - Memel, Normandien ERWIN G NIEBUHR - Luneburg, Paulpietersburg, Piet Retief BRUCE DIXON (PTY) LTD T/A DIXON UNLIMITED - Mooi River, Lions River, Dargle, Kamberg, Nottingham ROMANO WILLEMSE - Weenen, Colenso, Muden TUGELA CROP CLINIC - Winterton, Bergville
Toestemming* Hiermee stem ek my in tot die privaatheidsbeleid asook -bepalings en -voorwaardes.
BEPALINGS EN VOORWAARDES VAN VOORLOPIGE BESTELLING
1 . AARD EN EFFEK VAN VOORLOPIGE BESTELLING:- Hierdie voorlopige bestelling stel ‘n nie-bindende en nie-afdwingbare voorlopige bestelling (“Voorlopige Bestelling”), vir die koop en verkoop van die betrokke Verbruiker-gekose saad (“Saad”), soos aangedui op die Voorlopige Bestelvorm, deur die Verbruiker van Agricol (Edms) Bpk (“Maatskappy”), daar. Ter wille van duidelikheid, word dit op rekord geplaas dat die Voorlopige Bestelling nie ‘n bindende koop en verkoop ooreenkoms ten opsigte van die Saad daarstel nie. Tensy die partye uitdruklik en skriftelik tot die teendeel ooreenkom, sal die Verbruiker nie onder ‘n verpligting staan om die Saad, uithoofde van die Voorlopige Bestelling, te koop nie. Alle finale en bindende verkope van die Saad sal aan die Maatskappy se standaard verkoopsvoorwaardes onderhewig wees. Die bepalings en voorwaardes hierin vervat sal egter bindend op die partye wees.
2 . AANVAARDING VAN BEPALINGS EN VOORWAARDES :- Die indiening van die Voorlopige Bestelling stel ‘n onvoorwaardelike aanvaarding van die bepalings en voorwaardes hierin vervat, saamgelees met die sodanige bepalings en voorwaardes soos vervat op die Voorlopige Bestelvorm, daar.
3. DOEL VAN VOORLOPIGE BESTELLING:- Die partye gee hiermee te kenne dat : (i) Die Saad in beperkte hoeveelhede geproduseer word en ooreenkomstig die oënskynlike vraag daarna, aan die Maatskappy se onderskeie depots en agente verspei word vir die verkoop en/of aflewering daarvan; (ii) Nagelang van beste landboupraktyke, gewasseisoene , klimaat en grondtoestande, is daar 'n algemeen aanvaarde venster periode wat as die mees optimale tydperk beskou word waartydens die Saad aangeplant moet word ten einde ‘n groter pontensiaal vir die realisering van ‘n suksesvolle oes mee te bring. Met inagneming van die bovermelde en ten einde die tydige beskikbaarheid en/of aflewering van die Saad te bewerkstellig, word die Saad na die Maatskappy se onderskeie depots en agente versprei, welke depot’s en agente in nabyheid tot dié geografiese gebiede met ‘n vermeende vraag na die Saad, geleë is. In die lig van voormelde, is die doel van die Voorlopige Bestelling om ‘n peiling van die vraag na die Saad uit te voer en om behulpsaam te wees met die effektiewe en doeltreffende verspreiding van die Saad.
4 . BESKIKBAARHEID VAN VOORRAAD :- Die indiening van die Voorlopige Bestelling reserveer nie die Saad of enige hoeveelheid daarvan ten gunste van die Verbruiker nie. Sodanige Voorlopige Bestelling waarborg ook nie die beskikbaarheid van die Saad nie. Die beskikbaarheid van die Saad sal bepaal en vasgestel word met die sluiting van ‘n regsgeldige en afdwingbare verkoopsooreenkoms tussen die partye ten opsigte van die Saad.
5. PRYSSKOMMELINGE:- In die lig van die voorlopige en nie-bindende aard van die Voorlopige Bestelling, is die prys ten opsigte van die Saad, soos aangedui op die Voorlopige Bestelvorm, bloot ‘n beraamde prys en sal sodanige prys, nie-bindend en aan die wysiging daarvan onderworpe wees. Die finale en bindende prys ten opsigte van die Saad sal bepaal en vasgestel word met die skriftelike aanvaarding deur die Maatskappy van ‘n finale en bindende bestelling ten opsigte van die Saad van die Verbruiker. Dit word op rekord geplaas dat die beraamde pryse ten opsigte van die Saad belasting op toegevoegde waarde, doeane en ander belasting, versekering en vervoerkoste uitsluit.
6. INLIGTING:- Dit word op rekord geplaas dat die inligting, soos voltooi op die Voorlopige Bestelvorm en wat andersins deur die Verbruiker aan die Maatskappy versend mag word, deur laasgenoemde versamel sal word. Die Maatskappy sal sodanige inligting aanwend vir die uitsluitlike doel van die bemarking en aanbieding, in die normale loop van sake, van die Saad en/of soorgelyke produkte en/of dienste aan die Verbruiker. Die Verbruiker sal te eniger tyd daartoe geregtig wees om, op die voorgeskrewe wyse en vorm, te versoek om toegang tot sodanige inligting te verkry, om die inligting te wysig en/of om te kies om nie enige direkte bemarking te ontvang nie. Voormelde versoeke mag aan die Groep Regsadviseur van die Maatskappy gerig word en per e-pos by legal@agricol.co.za, alternatiewelik per pos aan Posbus 300, Brackenfell, 7560, versend word.
7 . VOLLE EN FINALE OOREENKOMS:- Hierdie dokument bevat die volle en finale ooreenkoms tussen die partye met betrekking tot die onderwerp hiervan. Geen verandering, wysiging of kansellasie van hierdie ooreenkoms, insluitende hierdie klousule, sal van enige krag of effek wees tensy dit op skrif gestel en deur of namens die partye tot hierdie ooreenkoms onderteken is nie.
8 . ASSIGNASIE:- Die partye sal nie daartoe geregtig wees om enige reg of verpligting, gehou kragtens hierdie ooreenkoms, sonder die vooraf verkreë skrifelike toestemming van die ander party, aan ‘n derde party te sedeer of te delegeer nie.
9. GELDENDE REG:- Hierdie ooreenkoms sal deur die uitsluitlike toepassing van die algemeen geldende reg van toepassing in die Republiek van Suid – Afrika geïnterpreteer en afgedwing word.
10. TOESTEMMING TOT JURISDIKSIE:- Die partye stem hiermee in en sal hul ook onderhewig wees aan die jurisdiksie en gesag van die Suid - Afrikaanse howe.
11. BEVOEGDHEID OM TE KONTRAKTEER:- Die Verbruiker en ondertekenaar van hierdie ooreenkoms waarborg hiermee dat alle interne prosesse gevolg was en dat hy / sy behoorlik daartoe gemagtig is om, op die bepalings en voorwaardes hierin vervat, met die Maatskappy te kontrakteer.
12. KONFLIK:- In die geval van ‘n teenstrydigheid tussen die Afrikaanse en Engelse weergawe van dié bepalings en voorwaardes, sal die Engelse weergawe deurslaggewend wees.