Die Wintergraandag word jaarliks gehou op die plaas Uitkyk van Fanie en Jan Hendrik Joubert. Die jaar is die reëlings oorgeneem deur Sentraal Suid Kooperasie (SSK). Die dag is bygewoon deur meer as 400 besoekers van regoor die Suid-Kaap en Wes-Kaap. Die hoofdoel van die dag is die besoek aan die proewe, wat deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou geplant en onderhou word. Dit gee geleentheid aan verskillende verskaffers om nuwe kultivars, spuitmiddels, kunsmis en verskillende mengsels van dekgewasse , aan die boere bekend te stel..

Die dag is geopen deur Ds Deon Beyers waarna Mnr Erenst Pelser, hoofbestuurder van SSK, die mense vewelkom het. Gerdus Steyn, wat verantwoordelik was vir die reëlings van die dag, het toe die bedankings gedoen.  Die hoofspreker, dr Amelia Genis, bekende joernalis van die Landbouweekblad, het daarna gepraat oor hoe boere kan oorleef en floreer. Die boere is daarna in groepe verdeel vir die besigtiging van die proefpersele. Op n stuk grond, wat deur Mnr Joubert beskikbaar gestel word, word daar ‘n verskeidenheid van proewe, deur personeel van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, aangeplant en onderhou. Dit is ‘n vertoonvenster vir verskaffers om nuwe produkte en bewerkingmetodes aan die boere bekend te stel.

Agricol-SSK-Wintergraandag (1)

Agricol voorsien saad aan die Departement vir aanplanting van verskeie nuwe, en reeds bekende  kultivars. Dan word daar verdere aanplantings gedoen van verskillende kleingrane asook alternatiewe gewasse. Die fokus van boere in die Suid- en Wes-kaap het het begin skuif na dekgewasse en daarom word daar dus ‘n langtermyn dekgewas proewe geplant om die voordele van somer- en winterdekgewasse aanplantings te ondersoek.

Groot dank aan  Farida Martins en haar span, Marshall Hendrick en Frederick Titus, wat  tot laat gewerk om al die bemarkingsmateriaal op te slaan en gereed te kry vir die groot dag. Hulle is bygestaan deur Dirk, Ian, Andre en Marcell.

Die besoeke aan die proewe was goed georganiseerd met die besoekers wat in 5 groepe verdeel word om sodoende die besoeke aan verskillende proefpunte te reguleer. Agricol was goed verteenwoordig op die dag, met die kundiges wat by die verskillende proefpunte inligting aan die boere oorgedra het. Dirk het die kanola punt beman, Farida die alternatiewe gewasse en somerdekgewasse en Ian, wat op kort kennisgewing vir Jan Botes ingestaan het, was by die kleingrane. Hy het sy vuurdoop met sukses geslaag en het die verskillende kleingrane aan die boere bekend gestel. Lisa Smorenberg, van Wes-Kaapse Departement van Landbou, wat die navorsing op die  dekgewasse doen, was by die Dekgewas punt, waar sy haar navorsing aan die boer oorgedra het.

Agricol-SSK-Wintergraandag (3)

Die dag is afgesluit met ‘n ete by die saal. Die terugvoer wat ons van boere gekry het, was baie positief, veral die feit dat alle kultivars gemeet kan word teenoor ander maatskappye se kultivars, asook die feit dat hulle fisies die produkte kan sien en met die verskillende maatskappye kan gesels oor hulle produkte en watter voordele dit vir hulle inhou om die verskillende dekgewasse aan te plant. Die dag gaan net van krag tot krag en Agricol bedank almal wat die dag georganiseer en daar gewerk het.